0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (1)
  • R250 - R500 (13)
  • R500 - R1,000 (4)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 18 of 18 matches in All Departments

Op Pad Na Moormansgat - Die Verhaal Van Billy Foster En Koos de la Rey (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Op Pad Na Moormansgat - Die Verhaal Van Billy Foster En Koos de la Rey (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
bundle available
R399 R343 Discovery Miles 3 430 Save R56 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Een aand in 1914 word Koos de la Rey op pad na ’n rebellie noodlottig gewond. Die teiken was die bendelid William Foster. Dat De la Rey in die spervuur beland het, was pure toeval. Of was dit?

Die roman is 'n verweefde tapisserie waarin die verhale van vele vertel word: die storie van o.a. Billy Foster se dogter, Helena; die trawalle van die hensopper Segrys Heyns en sy agterryer Tappies Mahlangu; die speurtog van poliesman Isak Heyns.

’n Merkwaardige, hoogs leesbare geskiedkundige roman.

Die Verdwyning Van Billy Katz (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Die Verdwyning Van Billy Katz (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
bundle available
R380 R327 Discovery Miles 3 270 Save R53 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Speurder Ella Neser stel ondersoek in nadat vier gemummifiseerde linkervoete in ’n Checkers-sak in ’n openbare tuin gevind word. Waar is die liggame waaraan die voete behoort? Lou Pepler, eks-polisieman, nou sekuriteitskonsultant, glo dit hou verband met ’n saak wat hy twintig jaar gelede ondersoek het – die verdwyning van Billy Katz, rykmanseun en rokjagter. Ella se soektog lei na ’n begrafnisonderneming in Turffontein en die Pottas-familie, met hul stom aanneemseun, Rakker. Maar hoe hou die voete verband met Billy Katz se verdwyning en die saak wat Lou sy loopbaan en amper sy lewe gekos het?

Gerugte Van 'n Ontvoering (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Gerugte Van 'n Ontvoering (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
bundle available
R350 R301 Discovery Miles 3 010 Save R49 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Wanneer Harry Grimbeek asemskep tussen sy gevaarlike omswerwinge deur Afrika, kom kuier hy by sy geliefde ma in Johannesburg. Gusta is veral na aan sy hart ná sy pa haar vir ’n jonger pop gelos het. Gelukkig weet Harry sy is veilig daar bo in haar luukse penthouse in Ponte Towers, wat sy deel met ’n erfstuk van groot sentimentele waarde: Jong vrou en boek, geskilder in die veertienhonderds deur die Vlaamse meester Petrus Christus.

Teen die tyd dat Harry in OosAfrika opgespoor word, is sy ma al dae lank dood. Het haar eensame lewe inderdaad vir Gusta tot selfdood gedryf, soos gespekuleer word? En wat het van haar kosbare skildery geword wat uit haar woonplek verdwyn het? Van die oomblik dat hy in sy ma se penthouse instap, kry Harry die reuk van ’n groot gekonkel. En die skuldiges sal aan die pen ry, die hele lot van hulle! Nie eens daai parmantige Ella Neser gaan hom keer nie.

Nog ’n hoogtepunt in Chris Karsten se oeuvre. ’n Vermeende moord, ’n vermeende ontvoering . . .

Abel se Lot (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Abel se Lot (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R345 R297 Discovery Miles 2 970 Save R48 (14%) Ships in 4 - 8 working days
Die Afreis van Abel Lotz (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Die Afreis van Abel Lotz (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R345 R297 Discovery Miles 2 970 Save R48 (14%) Ships in 4 - 8 working days
Abel se Ontwaking (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Abel se Ontwaking (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R345 R297 Discovery Miles 2 970 Save R48 (14%) Ships in 4 - 8 working days
Die Verdwyning van Billy Katz (Afrikaans, Paperback): Chris Karstens Die Verdwyning van Billy Katz (Afrikaans, Paperback)
Chris Karstens
R330 R284 Discovery Miles 2 840 Save R46 (14%) Ships in 4 - 8 working days
Man Uit Die Dode (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Man Uit Die Dode (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
bundle available
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Nadat Ella Neser as moordspeurder uit die polisie bedank het, het sy op plesierbote in die Karibiese See gaan werk. Toe kom die virus, en sy is verplig om na Suid­Afrika te repatrieer. Nou sit sy sonder werk en sonder toekoms. Sy word gevra om 'n private ondersoek te loods op die dorpie Osspruit in Mpumalanga. Vier jong manne het oënskynlik besluit om voor en tydens die inperkingstyd weg te loop, maar meer sinistere gebeure word agter hulle verdwynings vermoed . . .

Die aksie speel binne vier dae in Julie af, tydens die grendeltyd. Hoe dieper Ella begin krap, hoe meer besef sy daar is 'n gewetenlose brein wat agteraf konkel met die steenkoollorries na Eskom as rookskerm. Ella is genoodsaak om haar eie intuïsie te vertrou ten einde by die waarheid uit te kom – maar dit gebeur nie sonder verdere hikke en bloedlating nie.

Man uit die dode verskyn as krimi­vervolgverhaal op Netwerk24 en daarna in boekvorm by H&R. Dit speel af net voor die aanvang van Die versoeking van Thomas Maas.

Die Versoeking Van Thomas Maas (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Die Versoeking Van Thomas Maas (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
bundle available
R355 R305 Discovery Miles 3 050 Save R50 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Ella Neser is terug van haar Karibiese skeepsvaart, en soort van terug in Lou se arms. Haar nuwe opdrag, nou as private speurder, is 'n bisarre een. Donna Maas, huisvrou en eggenoot van die sielkundige Thomas Maas, is oortuig haar man het 'n skelmpie. En dit is Ella se taak om met die bewyse vorendag te kom.

Die roman begin egter by die einde van die verhaal, waar Ella haar finale verslag optik. Daar is 'n moord gepleeg, maar ons weet nie wie die slagoffer is nie, en nog minder, wie die skurk.

'n Verskeidenheid karakters word betrek in Die versoeking van Thomas Maas, waaronder Thomas, sy vrou, hul tienertweeling, Maas se pa, wat aan dementia ly, en ook die hoof van 'n perdeskool, Amalia Rojas.

'n Verbysterende roman deur een van die mees ervare spanningsromanskrywers in Afrikaans. Karsten dop die genre se reëls op sy kop, en kom vorendag met 'n hoogtepunt nie net in sy eie oeuvre nie, maar in die Afrikaanse krimi­korpus

Seisoen van Sonde (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Seisoen van Sonde (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R340 R292 Discovery Miles 2 920 Save R48 (14%) Ships in 4 - 8 working days
Koms van die Motman (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Koms van die Motman (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
bundle available
R375 R322 Discovery Miles 3 220 Save R53 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Dié nuwe spanningsroman delf diep in Ella se verlede. Elf jaar gelede is haar pa amper noodlottig gewond, en die skuldige, Arthur Wilky, word nou weens goeie gedrag op parool vrygelaat. Binne weke is daar egter nuwe moorde – en van die slagoffers is voormalige tronkmaats van Wilky. Hoekom kan Ella se speurderkollegas nie die verbintenisse raaksien nie? Selfs kolonel Silas wil nie ag slaan op haar vermoedens nie . .

Die Dood Van 'n Goeie Vrou (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Die Dood Van 'n Goeie Vrou (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
bundle available
R365 R314 Discovery Miles 3 140 Save R51 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Ella Neser, befaamde speurder uit die Abel-trilogie en Die verdwyning van Billy Katz, is weer op die spoor van ’n raaiselagtige moord. In ’n voorstad van Johannesburg word Clara Heyns, voorbeeldige moeder van twee, dood gevind met engelvlerke aan. Te midde van kantoorpolitiek probeer Ella die leidrade naspeur, maar dan draai haar wereld inmekaar: wie is die rooikop wat by haar geliefde Lou uithang? Die storie is briljant aanmekaargesit, met ’n plot wat die slimste leser sal fnuik.

Die Afreis van Abel Lotz (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Die Afreis van Abel Lotz (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
bundle available
R365 R314 Discovery Miles 3 140 Save R51 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die derde boek in die Abel-trilogie. Die polisie word ontbied na ’n kamer in die Sleep Inn in Bez Valley. Bloed en hare in die bad dui op ’n slagting, maar daar is geen lyk nie. Wanneer ’n gelooide en onthaarde vel in formalien gevind word, weet Ella Neser sy is weer op Abel Lotz se spoor. Abel bevind hom in Brugge, by sy vriend Ignaz Bouts. Kort voor lank soek hy weer na velle met tatoes vir die omslae van die tien volumes van sy Kosmiese Reise, hierdie keer met die hulp van Ignaz. Hy het twee velle en kort nog agt. Intussen word die lyk van ’n amptenaar van Binnelandse Sake kaal en bevrore langs ’n dam gevind, sy keel afgesny. Dit blyk dat ’n joernalis op sy spoor was, nadat ’n Suid-Afrikaanse paspoort aan die lyk van ’n meesterbrein van Al-Kaïda gevind is.

Anderman Se Vrou - 'n Wim Kellerman-Roman (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Anderman Se Vrou - 'n Wim Kellerman-Roman (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
bundle available
R365 R314 Discovery Miles 3 140 Save R51 (14%) Ships in 4 - 8 working days

“Daar is spore doodgevee. Iemand het die opdrag gegee vir wat met
daai vyf moet gebeur. En ek wil weet wie.”

Daar is raaisels wat spook by Wim Kellerman, twee jaar ná die dood
van Jack Niemand. Hy en Portis praat min daaroor waar hulle woel in
die kweekhuis van Wim se skoenlapperboerdery op Wildernis. Maar
dit bly sluimer tussen hulle. Want wat het geword van Portis se vyf
jeugvriende wat in daai verskriklike jare van die tagtigs vermis geraak
het? En hoekom is die lyke van Simon Pope, die destydse hoof van
Bon Accord, en sy vrou, Rachel, nooit geïdentifiseer nie?

Al manier is om terug te loop op die spoor, voetjie vir voetjie. In sy
beendere weet Wim sy ou aartsvyand Simon Pope lewe nog. Dis
maklik om twee en twee bymekaar te sit, so hy koop ’n kaartjie
Kanada toe, kwansuis vir skoenlappersoektogte. En gaan soek die
meesterbrein agter die verdwyning van vyf kinders van die Kaapse
Vlakte. Kry, sal hy hom kry. Dis ’n lewenstaak – vir Portis, en vir Wim.

Die respektabele meneer Hartslief (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Die respektabele meneer Hartslief (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R710 Discovery Miles 7 100 Ships in 10 - 15 working days
Die afreis van Abel Lotz (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Die afreis van Abel Lotz (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R713 Discovery Miles 7 130 Ships in 10 - 15 working days
Abel se ontwaking (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Abel se ontwaking (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R706 Discovery Miles 7 060 Ships in 10 - 15 working days
Abel se lot (Paperback): Chris Karsten Abel se lot (Paperback)
Chris Karsten
R713 Discovery Miles 7 130 Ships in 10 - 15 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Volkano Braids Series Nylon Braided…
R119 R99 Discovery Miles 990
Croxley Create Wax Crayons - 8mm (24…
R26 Discovery Miles 260
Cadac 47cm Paella Pan
R1,158 Discovery Miles 11 580
Bestway Floating Pool Thermometer
R56 Discovery Miles 560
Cable Guys Controller and Smartphone…
R399 R359 Discovery Miles 3 590
MyNotes A5 Rainbow Bands Notebook
Paperback R50 R42 Discovery Miles 420
Marvel Spiderman Fibre-Tip Markers (Pack…
R57 Discovery Miles 570
Molinard Molinard Patchouli Eau De…
R2,204 Discovery Miles 22 040
Johnson's Baby Oil (125ml)
R40 Discovery Miles 400
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300

 

Partners